Kuba energie krisis laat osse werk

Die Kubaanse energie krisis is so groot dat brandstof nie meer beskikbaar is om trekkers aan die loop te hou nie, en word landerye en plaaswerk weer met osse gedoen.

In die kommunistiese staat se bakkerye word hout gebruik in plek van die gas en die burgery is geadviseer om liefs nie snags van elektrisiteit gebruik te maak nie, maar eerder die daglig te benut.

Die energie tekort weens Amerikaanse sanksies is deur die Minister van Buitelandse Sake, Bruno Roding is aan die media verduidelik tydens ’n nuus konferensie in die hoofstad Havana.

Die minister sê die bietjie brandstof wat nog beskikbaar is, word in reserwe gehou vir hospitale en die toeriste bedryf.

Verskeie fabrieke, waaronder die sement bedryf, moes noodgedwonge hul produksie drasties afskaal, wat lei tot groot tekorte in die boubedryf.

Talle werkers in verskillende sektore is gevra om tuis te bly vanweë die energie tekort, wat tot groter werkloosheid lei, en toenemende spanning veroorsaak.