Kosbare skeepsvrag byna verlore

’n Reuse vragskip van Suid-Korea het byna sy hele vrag verloor toe die vaartuig gevaarlik gekantel het en die bemanning gered moes word uit die water.

Die “Golden Ray” vragskip met 4,000 motors is onderweg na die Midde-Ooste toe die vaartuig begin het om te kantel, en dit was so erg dat die 23 mense aan boord in die see beland het.

Die voorval wat naby die kus van die Amerikaanse deelstaat Georgië gebeur het, is deur die kuswag waargeneem en kon 20 van die mense betyds red, maar minstens drie is nie gevind nie.

Die vermoede bestaan dat die drie persone moontlik is die vaartuig se masjienkamer is, wat op daardie tydstip nie toeganklik was nie.

’n Ondersoekspan sal vasstel wat die skip so laat kantel het, en hoe groot die skade aan die Kia en Hyundai motors is wat vir Oosterse lande bedoel is.