Korrupsie: El Salvador kry VN hulp

Die verenigde Nasies het bevestig dat hy ’n afvaardiging na El Salvador stuur as ’n eerste stap om die land te ondersteun in sy nuwe poging om korrupsie hok te slaan.

Die land se Adjunkpresident, Felix Ulloa, het sy waardering uitgespreek oor die nuwe wending nadat hy ’n gesprek gehad het met die Sekretaris-Generaal, Antonio Guterres, in New York.

President Nayib Bukele van El Salvador het verlede week die daarstelling van ’n Internasionale Kommissie teen Ongestraftheid in El Salvador aangekondig na inspirasie van die VN.

Die regering van El Salvador is ook gelukkig om die ondersteuning van die VSA te geniet om die land se enorme korrupsie probleem vas te vat.

El Salvador het in Februarie ’n nuwe regering gekry na ’n oortuignde oorwinning by die stembus, maar sit nou met die groot probleem om die korrupsie wat oor jare gepleeg is, uit te roei.