Korrupsie by SA Intelligensie

Kobus Roelofse, ʼn Valke ondersoeker, het tydens die Zondo Kommissie se ondersoek verskeie persone uitgewys as moontlik korruptes. 

Onder die lede wat finansieel “gebaat” het,  is die huidige Minister van Polisie, Bheki Cele, die vorige polisie minister, Nathi Mthethwa en die joernalis Ranjeni Munusamy.

Roelofse se getuienis gaan oor die plundering van misdaad intelligensie bates. Die sogenaamde geheime fonds is reeds in 2010 gebruik om aanstellings en veranderinge by Nasionale Intelligensie te verseker.

Cele is in kontant betaal terwyl Mthethwa ʼn R195,000 opgradering by sy privaat huis “ontvang” het. Richard Mdluli het soortgelyke “bonusse” ontvang wat vyf luukse motors ingesluit het.

Munusamy se koste van haar motor is ook vanuit die fonds betaal. Sy is intussen op spesiale verlof geplaas by die Sunday Times.