Korea: Trump kry skriftelike uitnodiging

Die leier van Noord-Korea, Kim Jong-Un, het ’n skriftelike uitnodiging aan President Donald Trump gestuur om die kommunistiese hoofstad, Pyongyang, te besoek.

Die uitnodiging tot die Amerikaanse president om die land se hoofstad te besoek, word as ’n gebaar van welwillendheid gesien, maar is ook bedoel om samesprekings oor die beeïndiging van hul program van kernwapen ontwikkeling.

Die kommunistiese leier en die Amerikaanse president sal dan vir ’n derde rondte samesprekings bymekaar kom, en hierdie keer op Kim Jong-Un se grondgebied.

Tydens die vorige formele ontmoeting het President Trump die samesprekings beëindig en die onderhandeling gestaak toe Kim sekere inligting weerhou het, en die VSA hom in groot verleentheid gebring het deur te vra na ’n spesifieke aanleg wat Kim nie bekend gemaak het nie.

Ingeligte bronne is van mening dat Kim Jong-Un ’n spel speel wat nie op die beeïndiging van sy kernprogram afstuur nie, maar bloot om die VSA besig te hou met samesprekings.