Konserwatiewes skors Churchill kleinseun

Nicholas Soares

Nicholas Soares, die kleinseun van Brittanje se Wêreldoorlog leier, Winston Churchill, gaan geskors word uit die geledere van die Britse Konserwatiewe Party.

Die 71 jarige Soares se skorsing word toegepas as gevolg van sy stemming teen die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, tydens die stemming oor Brexit.

Die optrede teen Soares word algemeen beskou as een van die swakste optrede in die party gedurende die afgelope drie jaar se verdeeldheid oor Brexit.

Die kleinseun van Churchill was een van die 21 Konserwatiewe Party parlementslede wat gerebelleer het teen Johnson se stoomroller plan.

Nog lede wat geskors gaan word uit die party, is die voormalige Minister van Finansies, Philip Hammond, asook Ken Clarke (79) wat die langste ononderbroke parlementslid is.

Soares is na afloop van die parlementsitting deur joernaliste gevra of dit die einde van die Konserwatiewe Party is soos wat sy oupa dit geken het, was sy antwoord, nee, maar dit is ’n kwade dag in die geskiedenis van die party.

Al die parlementslede van die Konserwatiewe Party wat teen Johnson se Brexit plan gerebelleer het, word uit die party geskors.