Kommuniste swig voor Hong Kong

Carrie Lam

Die Demokratiese aktiviste van Hong Kong het na 14 weke se optogte uit protes teen ’n omstrede wetsontwerp, uiteindelik as oorwinnaars gejuig toe die leier, Carrie Lam, bes gegee het.

Lam het ’n gesprak aangevra met die aktiviste en gesê die beoogde wetsontwerp om alle hofsake in Sjina te hou, finaal van die tafel gevee is om nie weer oorweeg te word nie.

Die wetsontwerp het inwoners van Hong Kong woedend gemaak, en meer as 2 miljoen mense het ’n optog gehou om hulle ontevredenheid te toon, maar die kommuniste het die verset geïgnoreer vir 14 weke van onrus wat gevolg het.

’n Woordvoerder van die regering het bevestig dat die besluit geneem is, en dat die wetgewing finaal onttrek is.

Dit is egter nie duidelik of die besluit ’n einde sal bring aan die aktiviste se verset nie, aangesien hulle ook eis dat die demokrasie herstel moet word in die stad, en dat Carrie Lam moet bedank sodat demokratiese verkiesings gehou kan word.