Kim wysig grondwet van Noord Korea

Die parlement van Noord-Korea het ’n wysiging van die land se grondwet goedgekeur wat die huige leier, Kim Jong-Un se rol as onbetwiste staatshoof bevestig en verseker.

Die Noord-Koreaanse leier se rol is deur die kommunistiese bestel van die land verstewig en om die sogenaamde vrede-samesprekings te lei wat met die Verenigde State gevoer word.

Die Skiereiland het reeds jare gelede ’n beroep gedoen op ’n ooreenkoms om vrede te vestig met die VSA sodat normale verhoudings kan lei tot ’n einde aan die tegniese “staat van oorlog” wat sedert 1959 bestaan.

Met die wysiging sal dit Kim verder bemagtig om te regeer oor al die sake van die land, soos wat dit ook tans die geval is, maar nou bestaan daar ’n grondwet bepaling wat hom met die mag beklee.