Kernwapens

Terwyl talle lande besig is met duur wapen ontwikkelingsprogramme met die hoop om sy inwoners teen aggressie te beskerm, is daar ander wat van mening is dat kernwapens ’n nuttelose noodsaaklikheid geword het.

Van die mees omstrede gevalle van kernwapen ontwikkeling is waarskynlik die kommunistiese Noord-Korea en die Islamitiese Iran wat albei in die nuus is oor hulle programme en die pogings om hulle te laat afsien van die projekte.

Iran se ooreenkoms wat deur die voormalige regering van Barack Obama onderteken is, het soveel skuiwergate dat President Trump die VSA onttrek het uit die ooreenkoms en ’n nuwe akkoord wil opstel.

In die geval van Noord-Korea word die VSA se onderhandeling span byna voltyds besig gehou met die voorbereidings vir die een na die ander ontmoetings wat tot niks lei nie.

Die werklikheid is dat kernwapens besig is om ’n nuttelose noodsaaklikheid te word, want lande wat daaroor beskik, het ’n “ingeboude” meganisme wat voorkom dat hy militêr aangeval word, terwyl lande wat nie daaroor beskik nie, ’n ander moondheid as vennoot het wat wel oor kernwapens beskik.

Die wêreld is bewus daarvan dat kernwapens nie gebruik kan word nie, want dit sal die einde van die mensdom se aardse bestaan beteken.

Dit laat nuwe metodes van oorlogvoering – handels sanksies, invoerheffings, en opskorting van diplomatieke bande.

Die voordeel is waarskynlik daarin geleë dat oorloë slegs gevoer kan word op ’n lae vlak van intensiteit, met die noodwendige nadeel dat so ’n oorlog baie jare kan voortduur.

Sodra ’n vyandelike mag sou poog om groot aanvalle uit te voer, sal die moondheid wie se voortbestaan bedreig word, nie huiwer om sy kernwapens te gebruik nie. Die gevaar daarvan is legio want dit ontspring tot ’n wêreldwye kernoorlog wat die aardse lewe van mens, dier, en plant vernietig.