Kataloniërs hervat hul vryheidstryd

Nadat die Kataloniese separatiste se leier, Carles Puigdemont, moes uitwyk na België om nie tronkstraf uit te dien in Spanje nie, het die separatiste se vryheidsdrang ietwat verflou.

Die ander leiersfigure is steeds in die gevangenis wat die verset van volgelinge gedemp het, maar hernude stryd is begin toe duisende Kataloniërs weer in die Spaanse deelstaat aan ’n reuse optog deelgeneem het in die hoofstad Barcelona.

Met reuse vlae, baniere en slagspreuke waarop geskryf is dat onafhanklikheid nou vir Katalonië gegee moet word, het ’n kleurvolle optog die middestad tot stilstand gedwing.

Puigdemont het enkele jare gelede as Minister-president van die deelstaat, in die parlement ’n onafhanklikheidsverklaring aangekondig, wat die Spaanse regering in ep en roer gebring het.

Uiteindelik is die parlementslede wat op die voorpunt van die onafhanklikheidsverklaring was, in hegtenis geneem, maar Puigdemont het uitgewyk na Belgie waar hy die aansien van die Vlaamse regering geniet het, en selfs deur goedgesindes van huisvesting voorsien is.