Kanadese premier verloor meer steun

Premier Justin Trudeau

Terwyl die sosiale media gons oor die Kanadese Eerste Minister se “swart gesig” eskapade, word sy steun al minder, en het die konserwatiewes nou die voortou geneem volgens die jongste peilings.

Die premier, Justin Trudeau, probeer nou kiesers terug wen deur beloftes te maak oor klimaatsverandering en belasting kortings.

Die verkiesing vind plaas in Oktober en die jongste peilings toon dat die Konserwatiewe Party se leier, Andrew Scheer, nou die voortou geneem het.

Politieke ontleders wys daarop dat die Eerste Minister roekelose beloftes maak in ’n poging om steun te vermeerder, maar dit het klaarblyklik die teenoorgestelde uitwerking.