Kanadese konserwatiewes op wenpad

Andrew Scheer

Die leier van die Konserwatiewes in Kanada is waarskynlik die wenner in die land se komende algemene verkiesing van Oktober vanjaar.

Die leier van die party, Andrew Scheer, het kiesers daarvan verseker dat ’n oorwinning by die stembus nie beteken die debat oor aborsies sal heropen word nie.

Hy het die opmerking gemaak nadat die regerende party, wat baie steun verloor het, die Konserwatiewes daarvan beskuldig dat hulle weer die hewige geveg wat oor maande geduur het rakende die aborsiewet, weer sou hervat.

Verskeie instansies se meningspeilings toon dat die Konserwatiewes ’n sterk kans het om die verkiesing te wen teen die Liberale Party van die Eerste Minister, Justin Trudeau, wat tans uiters ongewild is onder die kiesers.