Johnson se beloftes gekelder

Boris Johnson

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, se eerste nederlaag is in die parlement opgevolg met ’n tweede wat sy beloftes aan kiesers laat verdwyn.

Die parlement het nie net in ’n stemming die premier se belofte gekelder oor uittrede op 31 Oktober as lid van die Europese Unie.

Kort daarna is sy ander onderneming, om voor 31 Oktober ’n blits verkiesing te hou, ook verwerp deur die parlement.

Boris Johnson se stoomroller politiek het nie gewerk nie, en talle van sy eie party se parlementariërs het teen sy voorstelle gestem, en word nou as lede van die Konserwatiewe Party geskors.

Politieke ontleders sê die optrede teen die party lede is nog ’n ernstige flater, en kan die einde van Konserwatiewe regering beteken na die komende algemene verkiesing.

Intussen is berig dat Boris Johnson se broer as parlementslid bedank het, en die politieke arena verlaat uit frustrasie vir sy broer se optrede.