Johnson ondersteuners trek kop uit

Die leier van die Demokratiese Unie Part in Noord-Ierland wat haar steun aan die Britse Eerste Minister, Boris Johnson gegee het, is nie meer so positief oor sy Brexit planne nie.

Sy het aan die media gesê haar party sal nie steun gee aan Brexit wat verdeeldheid veroorsaak in die interne markte van die Verenigde Koninkryk nie.

Die partyleier, Arlene Foster, se standpunt word gesien as ’n duidelike standpunt dat Johnson se optrede nie geduld sal word nie, alhoewel sy nog tot hede haar steun aan die regerende Konserwatiewes gegee het.

Sy vereis dat die Verenigde Koninkryk as een nasie uit die Europese Unie moet tree, en sy sal geen stun kan gee aan ’n uittrede wat verdeeldheid bevorder nie.