Jeug wêreldwyd in verset oor klimaat

Nadat die een na die ander veldtog in verskillende Westers lande onder kinders en jong volwassenes posgevat het, het Australië nou ook sy jeug in opstand teen klimaatsverandering.

Duisende skool studente het uit klaskamers gestap en Vrydag die strate in beweeg met die kras boodskap aan die regering van die land: “Doen jou werk”.

Dit is die land se afskop operasie van ’n wêreldwye staking van skoliere wat eis dat wêreldleiers bymekaar kom vir die Verenigde Nasies se Klimaat Aksie om te voorkom dat ’n algehele omgewings katastrofe die mensdom tref.

Met slagspreuke soos “Stop om te ontken die wereld sterf” word die mense bewus gemaak van die dreigende gevaar wat reeds waarneembaar is in die natuur.