Italië 5-Ster hou aanlyn stemming

Premier Giuseppe Conte 

Die Italiaanse 5-Ster Beweging beplan om sy lede se mening te bekom deur ’n aanlyn stemming te hou oor die moontlikheid van ’n nuwe koalisie regering.

Di Eerste Minister, Giuseppe Conte, wil op die wyse bepaal of die 5-Ster Beweging se beoogde koalisie met die gematigde Demokratiese Party aanvaarbaar sal wees vir sy lede.

Die moontlikheid dat die twee partye ’n nuwe koalisie regering kan vorm, is reeds vêr gevorder, maar die 5-Ster Beweging is nie seker of sy lede so ’n koalisie sal aanvaar nie.

Die lede van die beweging sal Dinsdag vanaf 9 vm tot 6 nm geleentheid kry om ten gunste of daarteen te stem.

Die nuwe koalisie word oorweeg deur 5-Ster nadat die nasionalistiese Liga weggebreek het uit die koalisieregering met die hoop om sy leier die nuwe premier van die land te kry, maar 5-Ster het deur die plan gesien en koalisie onderhandelings begin met die Demokrate.