Italiaanse partye vorm koalisie

Premier Giuseppe Conte 

Die Italiaanse 5-Ster Beweging, en die Demokratiese Party het ’n ooreenkoms bereik om ’n koalisie regering te vorm, en kon daarin slaag om die beleidsake uit te stryk asook die persone aan te wys vir die portefeuljes.

Die koalisieregering sal onder leiding van die Eerste Minister, Giuseppe Conte, ’n nuwe begroting opstel vir die 2020 boekjaar om die swak ekonomiese toestand aan te spreek.

Italië is net die tweede grootste skuldlas van alle lid lande van die Europese Unie, en politieke woelinge het grootliks bygedra tot die swak ekonomiese stand.

Met die nuwe koalisie wat saamgestel is, is die nasionalistiese Liga wat vroeër die koalisie vennoot was, nou die amptelike opposisieparty.

Die leier van die Liga het uit die koalisie weggebreek in die hoop om self die Eerste Minister te word indien ’n vervroegde algemene verkiesing gehou sou word.