Irannese ampsdraers in VSA verbied

President Donald Trump het tydens die Verenigde Nasies se sitting van die Algemene Vergadering gesê die hoë profiel persone en hulle families word verbied om die VSA te besoek.

Die optrede van die VSA sluit ook moontlike immigrante uit Iran in, en die verbod word ingestel omdat Iran ondersteuning bied aan terrorisme wat die Amerikaanse bevolking kan bedreig.

President Trump het gesê die verbod word ter beskerming van die VSA se inwoners nodig, veral in die lig dat Iran ’n borg is van terrorisme.

Met die optrede van Iran word die vrede en stabiliteit versteur in die Midde Ooste, en is ook in belang van die Verenigde State, het Trump gesê.

Die verhouding tussen die twee lande het tans ’n algehele laagtepunt bereik en politieke ontleders reken dit kan selfs jare neem voor die twee lande weer bereid sal wees om mekaar te ontmoet.