Iran sal enige aggressor vernietig

Volgens media berigte het Iran se woordvoerder van sy “Revolusie Weermag” gesê enige aggressor wat Iran aanval, sal vernietig word.

Die gevaarlike opmerking het die wenkbroue laat lig in verskeie Westerse lande wat gekom het nadat die olie aanleg van Saoedi Arabië deur die Houthi rebelle beskadig is.

Majoor-Generaal Hossein Salami van Iran sê ’n klein bietjie aggressie verander in ’n volskaalse oorlag, en hy waarsku enige aggressor dat so ’n aggressor geheel en al uitgewis sal word.

Hy het grootpraterig gesê Iran sal aanhou optree teen die “aggressor” totdat hulle finaal vernietig is, maar militêre deskundiges sê Iran se grootpratery kom omdat hy weet die groot moondhede sal nie in ’n volskaalse oorlog betrokke raak nie want sal lei tot die verwoesting van die ganse mensdom.