Iran: Nuwe ooreenkoms, meer geld asseblief

Die president van Iran, Hassan Rouhani, het Woensdagmiddag in die Verenigde Nasies gesê sy land vereis dat die Verenigde State meer moet betaal as ’n nuwe ooreenkoms oor kernwapens gesluit sou word.

President Rouhani sê die VSA sal meer moet betaal vir ’n nuwe kernwapen ooreenkoms, wat aansienlik meer sal wees as die bedrag waarop ooreengekom is in 2015.

Iran het sy saak gestel in die 74ste sessie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York.

Rouhani het ook geweier om ’n ontmoeting te hê met President Donald Trump terwyl albei teenwoordig is by die Verenigde Nasies.

Vroeër het Iran se woordvoerder gesê die moontlikheid met samesprekings is eers moontlik wanneer Amerika sy swaar sanksies teen Iran ophef.