Iran lewer onwettig olie aan Sirië

Adrian Darya 1

Afgesien van die deurlopende monitering van Iran se olie tenkskip, die Adrian Darya 1, het Iran tog daarin geslaag om sy vrag aan Sirië te verkoop en af te lewer soos wat oorspronklik beplan is.

Tydens die beslaglegging op die tenkskip by Gibraltar, het woordvoerders van Iran ontken dat die olie bedoel is vir Sirië.

Verlede week het die VSA betroubare inligting bekom wat daarop dui dat Iran nogtans die massiewe vrag ru-olie afgelewer het.

Die VSA beweer dat hy oor die nodige bewyse beskik dat Iran wel die olie lewer het aan die Siriese regering terwyl Iran die versekering gegee het dat hy nie olie aan die staat sal lewer nie.

Meningsvormers reken die oortreding kan Iran duur te staan bring, en swaarder sanksies kan Iran se verswakkende ekonomiese situasie nog verder benadeel.