Iran laat Britse olietenkskip vry

’n Olietenkskip wat onder die Britse vlag vaar, en wat deur Iran in een van sy hawens aangehou is, is die naweek toegelaat om na sy bestemming te vaar.

Die tenkskip met ’n vrag ru-olie is sowat twee maande gelede verbied om verder te vaar en is in ’n hawe van Iran gestop.

Iran het beweer die tenkskip het onwettig in sy gebiedswaters gekom, en is aangehou sedert die laaste paar dae van Julie.

Die tenkskip, Stena Impero, het begin beweeg uit die Bandar Abbas hawe van Iran waar dit in “aanhouding” was.

Militêre deskundiges reken die tenkskip is deur die Revolutionary Guards van Iran gekaap om Westerse lande uit te lok en in weerwraak teen die Irannese tenkskip wat in Gibralter aangehou is omdat die vrag olie onwettig aan Sirië gelewer sou word.