Internasionale sanksies teen Venezuela gevra

President Ivan Duque

Die regerende President Ivan Duque van Columbia het ’n beroep op wêreldleiers gedoen om internasionale sanksies teen sy buurland, Venezuela, in te stel.

Die president wys daarop dat die regering van president Nicolas Maduro van Venezuela gestop moet word om sy steun te gee aan die rebellegroep wat terreurdade teen Columbia pleeg.

Hy sê Maduro steun ook die verspreiding van dwelmmiddels en verskaf veiligheid aan die  FARC rebellegroep wat met ’n lae intensiteit guerilla oorlog besig is teen die Columbiaanse bestel.

Duque reken internasionale sanksies teen Venezuela sal die beveiliging van die streek verbeter en ’n einde bring aan die ongerymdhede van dwelmmiddel verspreiding.