Inflasie skiet na nuwe hoogte

Die Suid-Afrikaanse ekonomie verswak verder nadat dit bekend geword het dat die olieprys met sowat 20% styg weens die aanval op die raffinadery van Saoedi wat gebombardeer is.

Die inflasie wat deur die SA Reserwe Bank gestel is om tussen 3 en 6% te bly, word nog gehandhaaf, maar het reeds ’n stygende tendens getoon.

Die Jaarlikse verbruikersprys inflasie het in Augustus gestyg tot 4,3% wat geen goeie nuus is as die Moody’s graderingsagentskap weer ’n verslag uitbring.

Kenners waarsku dat die effek van ’n stygende olieprys nog nie in berekening is nie, wat ’n verdere styging kan veroorsaak wat selfs die 5% merk kan verby steek.