Indië verloor kontak met ruimtetuig

Die beheersentrum van Indië se ruimtevaart afdeling het kontak verloor met hul ruimtevaartuig wat Saterdag op die agterkant van die maan sou land.

Die inligting is deur die Indiese Ruimte Navorsings Organisasie bekend gemaak en die voorsitter het sy teleurstelling uitgespreek oor die ambisieuse plan wat misluk het.

Die plan was om die eerste land te word wat ’n ruimtetuig te land op die suidpool van die maan, maar ’n opvolg poging word beplan vir die nabye toekoms.

Die Indiese Chandrayaan-2 maan sending was bedoel om die tuig met ’n sagte landing wat goed beheer word uit die beheersentrum, uit te voer en is ’n teleurstelling vir Indiese wetenskaplikes wat glo dat daar nog water kan wees in die suidelike gebied van die maan.