Hulp aan boere is skaars

Die landbouers van Suid-Afrika is aan hulle lot oorgelaat om te stry teen die kragte van die natuur, en slegs mede-boere het simpatie.

Droogtes, oorstromings, plae, hoë insetkoste, onbillike mededinging, diefstal en plaasaanvalle is maar ’n deel van die baie probleme waarmee die voedsel produsente in die land te make het.

Saam daarmee is ’n onvriendelike owerheid wat maar net nie besef dat voedsel verbouing meer belangrik is as enige ander bedryf in die land.

Asof dit alles nie meer as genoeg is nie, is die grondgryp beleid daar om onsekerheid te veroorsaak, onaanvaarbare arbeidswette, is alles deel van die boer se kwellings wat nagte se wakker lê veroorsaak.

Dit is hoofsaaklik mede-boere uit ’n ander streek van die land wat die hulpgeroep van ander produsente hoor en verstaan, en dan ’n hand van hulp aanbied.

Melkboere is moedeloos oor die owerheid wat kan toelaat dat suiwel uit Pole ingevoer kan word, en frustrasie is aan die opbou omdat boere in groot dele van die land sit en vergaan onder die ergste denkbare droogte toestande terwyl die regering verkies om anderpad te kyk.