Hong Kong protes ontaard

Die afgelope naweek, wat die dertiende is van protes deur die duisende demokrate van Hong Kong teen die kommunistiese oorheersing, het die afgelope naweek ’n gevaarlike wending geneem.

Die polisie het reeds meer as 900 demokrate gearresteer, waarvan baie weer vry gelaat is, terwyl ander op borgtog vrygelaat is.

Die naweek se optog is gekenmerk deur die polisie wat met ’n water kanon, rubber koeëls en traangas opgetree het teen die vreedsame optog, maar dit het gelei tot die gooi van brandbomme na die polisie.

Een van die jong demokrate wat ’n beduidende invloed uitoefen, is in hegtenis geneem, later op borgtog vrygelaat om oor drie maande voor die hof gedaag te word.

Hy het aan die media gesê hulle kan honderde demokrate in tronkselle gooi, maar die ontevredenheid sal nie gesus kan word nie, en die verset optrede sal voortgaan, ongeag hoe die polisie en die owerheid optree.

Hy het ook ’n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om deeglik kennis te neem van die optrede wat deur die owerheid en die polisie gevolg word.