Hong Kong leier erken foute

Carrie Lam

Die Hong Kong leier van die parlement, Carrie Lam, het erken dat sy ’n “onvergeeflike fout” gemaak het met haar politieke koers wat ’n krisis veroorsaak het.

Sy sê die fout het die stad in ’n krisis laat beland, en sy “sou wou bedank as sy kon indien sy ’n keuse gehad het”.

Sy het die opmerkings gemaak voor ’n gehoor van sakelui wat erg bekommerd is oor die stad se toestand van geweld nadat Carrie Lam ’n wet wou deur stoomroller om alle hofsake te verskuif na Sjina.

Die ontmoeting met die sakelui, wat agter geslote deure plaasgevind het, het sy ook erken dat sy nou “baie min ruimte het” om haar foute reg t stel aangesien dit nou ’n nasionale veiligheid en soewereiniteit aangeleentheid geword het waar Sjina die beheer hou.

Politieke ontleders sê sy het met haar verduidelikings die gordyn gelig oor die Sjinese houvas op die leier, Carrie Lan, sowel as op die stad in die geheel.

Sy het later ontken dat Sjina haar nie wil toelaat om te bedank nie, maar waarnemers sê is is heelwaarskynlik ook daarmee voorgesê en is ’n politieke gevangene van die kommuniste.