Hong Kong aktiviste vra hulp

Die aktiviste wat eis dat Hong Kong se demokratiese bestel herstel word, vra dat Taiwan hulp moet gee in die Sjinees beheerde stad.

Die versoek kom terwyl die stad op 1 Oktober sy feesvieringe hou van 70 jaar onder Sjinese beheer.

Die aktiviste se beroep op Taiwan kan die spanning tussen die land en Sjina nog verder verhoog, want Beijing is gebelgd oor Taiwan se transaksie met die VSA vir 66 vegvliegtuie.

Taiwan het enkele maande gelede hulp gesoek by die internasionale leiers nadat Sjina met dreigemente begin het om die land se politieke beheer oor te neem.

Of Taiwan oor die diplomatieke invloed en infrastruktuur beskik om Hong Kong te help teen Sjina, word deur kenners betwyfel.