Hof beslis ten gunste van Johnson

Opposisiepartye en rebellegroepe wat gekant is teen Premier Boris Johnson se skielike aankondiging dat die Britse parlement verdaag, het die hof genader oor die besluit, maar moes hoor dat die optrede wel wettig is.

Die opposisiepartye het betoog dat die verdaging van die parlement voor die Brexit datum van 31 Oktober, ’n slenter is om debatvoering te minimaliseer oor die onderwerp.

Die hof het die argumente verwerp, maar wel toegegee dat die saak op appèl geneem kan word vir ’n moontlik ander bevinding en uitspraak.

Johnson het aangekondig dat die parlement vanaf middel September tot middel Oktober gaan verdaag, wat opposisie en rebelle groepe woedend gelaat het.

Johnson het geargumenteer dat die besluit geregverdig is omdat hy ’n nuwe premier met ’n nuwe kabinet is, en sy regering se koers wil aandui vir die toekoms, en dat dit ’n gebruik is wat nie vreemd is in die Britse parlement nie.