Herstel Kashmir status, beveel hof

Die hoogste hof in Indie het die Indiese regering beveel om die stad Kashmir se status te herstel na wat dit voorheen was.

Die hof het ook beveel dat die regering moet toesien dat die inwoners se lewe moet terugkeer na normaal en wat dit in die verlede was.

Die hoogste hof se beslissings word as ’n oorwinning vir Pakistan beskou terwyl die Indiese regering ’n reuse terugslag gekry het in hulle poging om die stad te verander.

Indie se hoofdoel was om die Moslem meerderheid van inwoners ondergeskik te stel aan die minderheid van die Indiese geloof.

Die onmin tussen die twee lande het ’n gevaarlike wending ingeneem, maar die hof se uitspraak het klaarblyklik die ergste spanning gebreek.

Pakistan het gedreig om die geskil tot in die wêreldhof te neem, maar kenners reken die Indiese hof het nou die saak besleg.