Grillerige sprokie van twee stede

Terwyl die Sjinese gereed maak om op 1 Oktober die 70ste verjaarsdag te vier van die Volksrepubliek van Sjina, bestaan daar kommer dat die twee stede, Beijing en Hong Kong nie op dieselfde golflengte gaan wees nie.

Sekuriteitsmaatreëls word ingestel om die twee stede te beskerm teen enige “ongevoelige” optrede van mense of instansies, soos wat voorheen ervaar is to Hong Kong inwoners die Sjinese vlag op die grond vertrap het.

President Xi Jinping het opdrag gegee vir ’n massa magsvertoning van militêre aard wat op die grootste plein sal wees.

Die twee stede sal, hoe uiteenlopend hulle mag wees, die vaandel van kommunisme dra, wat die Sjinese beheer oor Hong Kong moet aan die wereld vertoon word.

Hong Kong is op maksimum veiligheid ingestel om enige aktivistiese optrede te verhoed wat Beijing kan ontstel, maar die Hong Kong inwoners sal moeilik gekeer kan word om voort te gaan met hulle protes aksies.

’n Woordvoerder van die demokratiese inwoners sê die geleentheid sal benut word om die wêreld meer bewus te maak van die bedreiging om Hong Kong se demokrasie te verongeluk.