Georgië se kiesers in verset

Duisende kiesers in die oos-Europese staat Georgië het in die land se hoofstad, Tbilisi, saamgekom in ’n optog en beswaar gemaak teen die koers van die regering.

Die protes volg na die bewindsoorname deur die “Droom Party” drie maande gelede. Die optoggangers protesteer omdat die regering op brutale wyse die anti-Kremlin demonstrasie ontwrig en verbied het.

Die duisende jongmense het die inisiatief geneem en die optog gelei na die parlement waar ’n sitting plaasgevind het, en die vergadering ontwrig deur met vuvuzelas so ’n lawaai te maak dat die parlement moes verdaag.

“Ons moet verenig en klaarspeel met die regering”, het die leier van die jongmense, Shota Digmelashvili, gesê tydens sy kort toespraak.

Die onrus het begin toe ’n Russiese parlementslid die land besoek het, trwyl die kiesers van Georgie nie meer enige bande met die vroeëre onderdrukker wil toelaat nie.