Geen ruimte vir Afrikaanse universiteit

07 December 2017. Interview with Panyaza Lesufi Education MEC in Gauteng. Pic: Simphiwe Nkwali. © Sunday Times.

Panyaza Lesufi

Is daar ruimte van ’n taal-gebaseerde universiteit in Suid-Afrika, is die vraag wat aan die ANC se Panyaza Lesufi gestel is en waarop hy sonder om verder te redeneer, reguit gesê het: Nee.

Lesufi reken die speelveld is nou gelyk met die wat al die Afrikaanse universiteite verander is en daarom is die toelating van ’n Afrikaanse universiteit nie aanvaarbaar nie want dit skep ruimte vir die terugbring van “die donker dae van apartheid” wat die ANC nooit sal toelaat nie.

Hy sê diegene wat ’n Afrikaanse universiteit wil oprig, het ’n “horrible” geskiedenis van anti-transformasie.

Hy sê hulle verdedig die apartheid vlag, ondersteun die musiek van Steve Hofmeyr, verteenwoordig net Afrikaans sprekendes in arbeids geskille en bestry enige promosie van swartes in arbeids aangeleenthede.