Geen nuwe werksgeleenthede

Grant Pattison

Die kanse om nuwe werksgeleenthede te skep, bestaan nie in Suid-Afrika solank die land se groeikoers so laag bly nie.

Die siening is ook deur die Hoof Uitvoerende Beampte van die Edcon groep van maatskappye gehuldig, wat ’n neerdrukkende uitwerking het op sakelui.

Grant Pattison van die Edcon groep, wat die kettingwinkels CNA, Jet en Edgars insluit, sê dat die ekonomiese groei maar net nie genoeg is vir maatskappye om enige bykomende werksgeleenthede te skep nie.

Die Edcon groep wat die tweede grootste in die klerasie bedryf is, moes sowat ’n jaar gelede streng maatreëls tref om sy eie ekonomiese agteruitgang teen te werk, en moes inderhaas nuwe lenings bekom om te voorkom dat personeel afgedank en talle winkels se deure gesluit word.

Grant Pattison het saam met ander sakeleiers vanoor die spektrum ’n beroep gedoen op die regering om ’n einde te maak aan die politieke onsekerheid en eerder ’n klimaat skep van positiewe investering.