Geen keer aan korrupsie

’n Sakevrou, ene Nonyameko Bongiwe May, het glo aan die media erken dat sy ’n R20,000 betaling gemaak het aan Openbare Werke met die bedoeling om die staatseiendom, haar eie te maak.

Di eiendom, ’n dubbelverdieping woonhuis in King Williamstown is nie op tender uitgesit nie, en is een van baie eiendomme wat aan die staat behoort.

Ingeligte bronne wys daarop dat die staat dosyne geboue in King Williamstown besit wat vroeër deel was van die onafhanklike tuisland se verdere uitbreiding wat sou kom.

Die woonhuise was toe gebruik deur die lede van die provinsiale owerheid in die gebied, maar die betaling van R20,000 word deur kenners as ’n belaglike bedrag gesien en bestempel dit as ’n korrupte transaksie.