Gebed aksie word politiek

Bathabile Dlamini

Die Openbare beskermer het ’n georganiseerde gebedsaksie bygewoon wat saam met ’n klomp van haar ondersteuners gehou is.

Met die juridiese probleme wat die ondersteuners ondervind het met die afgelope weke se beslissings in die howe, is die Openbare Beskermer waarskynlik getroos deur die uitspraak van die ANC se Vroueliga president wat waarskuwings uitgespreek het.

Die Vroueliga se president Bathabile Dlamini het gesê indien vroue regters se uitspraak oor die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, verdag lyk of onaanvaarbaar is, sal daar met sulke regters gehandel moet word.

Sy sê vroue regters moet nie vergeet wie het vir hulle die pad oopgemaak om so ’n amp te beklee nie, en moet onthou dit was die “struggle” van Winnie wat alles moontlik gemaak het.