Gauteng ook onder weermag beheer?

Die politieke leiers van Gauteng oorweeg om die weermag in te roep om  vandalisme en plundering in die provinsie te keer. 

Volgens die premier van Gauteng, David Makhura, is kriminele elemente verantwoordelik vir die plundering van winkels en is diesulkes gewaarsku dat die weermag ingeroep kan word om die probleem aan te spreek.

Dit volg na Ramaphosa die polisie versoek het om die geweldenaars onder beheer te bring. Hy het hom uitgespreek teen aanvalle op uitlanders maar swyg soos ondermeer die plaasmoorde.

Die plunderaars het reeds talle winkels van uitlanders in Pretoria en Johannesburg geplunder, of afgebrand, en selfs kinders het die winkels besteel sonder dat iemand vervolg is.