Europese Sentrale Bank kry nuwe hoof

Christine Lagarde

Die Europese Parlement het die keuse laat val op Christine Lagarde as die Sentrale Bank se nuwe hoof, en wanneer sy finaal gekies is, sal sy die eerste vroulike hoof van die instelling word.

Met ’n groot meerderheid van 394 teenoor 206 stemme en 49 persone wat buite stemming gebly het, het sy ’n oortuigende meerderheid behaal.

Die regse Tsjeggiese parlementslid het na afloop van die stemming gesê Lagarde is ’n uitstekende keuse weens haar bekwaamheid.

Christine Lagarde was nie teenwoordig tydens die stemming ni te midde van ’n amptelike uitnodiging om die vergadering by te woon.

 As belangrike onderhandelaar by die Internasionale Monitêre Fonds  het sy haar onderskei alhoewel sy nie direk betrokke was in die monitêre beleidmakende afdeling nie.