Eskom sukkel om skuld te diens

Eskom is nie in staat om die rente op sy skuld te betaal nie aangesien hy nie genoeg inkomste kry uit dienste nie.  Dit veroorsaak dat geld geleen word om rente te betaal op die enorme skuldlas.

Enige besigheid wat op so ʼn wyse funksioneer raak insolvent.  Skuld by Evkom beloop tans R450 miljard en is maandeliks besig om te styg. 

Moody’s het verklaar dat Evkom se probleme nie in die kort termyn opgelos gaan word nie.

Geen strategie is nog bekend gemaak oor hoe die entiteit sy probleme gaan oorkom nie.