Eskom in leierskap krisis

Die Finansiële en Fiskale Kommissie (FCC) is bekommerd oor die deurlopende leierskap onstabiliteit by Eskom asook die gebrek aan ’n duidelike strategie om die entiteit weer koste effektief te maak. 

R26 miljard word vanjaar en R33 miljard in 2020 is bewillig om die kragvoorsiener aan die gang te hou. 

Daniel Plaaitjies sê die situasie by Eskom is ‘n toonbeeld van die gebrek aan bestuur, leierskap en algemene ondoeltreffendheid van alle staats entiteite.

Ingeligte bronne is oortuig daarvan dat die entiteit ’n greep op die regering het, wel wetende dat die ligte moet brand, en kan dus enige bedrag opeis om :te keer dat die land se ekonomie: finaal in duie stort.