Eskom al weer in korrupsie skandaal?

Mededinging in die steenkoolbedryf word beïnvloed deur die klein aantal myne wat aan die groot vraag na steenkool moet voldoen.

Die groot steenkool myngroepe het dus ’n stewige greep op die bedryf, en terwyl Eskom sukkel om met sy R440 miljard skuldlas kop bo water te hou, het sy bedingingsmag tot ’n laagtepunt gedaal.

Mynhuise is bewus van die toedrag van sake, en twee van die grootste myne, South African Energy Coal (Saec) en Seriti Resources is glo midde in die stryd om kontrakte te bekom.

Indien die Mededinging Kommissie ’n ooreenkoms goedkeur, sal 45% van alle steenkool wat Eskom aankoop, van een myngroep afkomstig wees.

Die res van die steenkool aan Eskom kom glo hoofsaaklik van dieselfde mynhuis, wat die vraag laat ontstaan hoe so ’n ooreenkoms getref kan word met die Mededinging Komitee se goedkeuring.