Erkenning gegee aan polisie

Minister Cele

Polisiebeamptes wat aan diens met hulle lewe betaal het om wet en orde te handhaaf, is die afgelope naweek met ’n emosie belaaide byeenkoms vereer vir hulle diens.

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê die dag het baie emosionele herinneringe opgewek oor diegene wat geval het.

Die ANC regering het die dag hulle respek getoon aan die 27 beamptes wat die lewe gelaat het terwyl hulle aan diens was.

Die 27 polisiebeamptes wie die lewe gelaat het in die afgelope finansiële jaar, se name is voorgelees en is selfs deur die TV kanale gebeeldsaai.

Verskeie sprekers het opgetree en ’n groot saak uitgemaak oor die polisie se wonderlike diens, maar geen woord is gerep oor die baie polisie wat onopgelei hulle taak moet verrig nie.