Ekonomiese uitdagings wag op Britte

Met ’n maand tyd om hulle te staal vir die uittrede uit die Europese Unie, het motorvervaardigers gewaarsku dat die skeiding van Brittanje kan lei tot werkloosheid van duisende mense.

Die gesamentlike verklaring van ’n aantal vervaardigers lui ondermeer dat miljarde euro in vermindering van produksie te wagte is as uittrede sonder ’n ooreenkoms is.

Volgens ’n opname wat deur die vervaardigers gemaak is, sal ’n geen ooreenkoms uittrede minstens 50,000 Britse pond per minuut verlore wees in produksie van die Britse bedryf, en sluit nie die afname in produksie van die Europese lande in nie.

Brittanje is geskeduleer om op 31 Oktober finaal uit die EU te tree en die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, is vasbeslote om by die datum te hou.