“Eerlike” dief dadelik gevang

Na bewering is die skurk wat in Hatfield se hof beland het kort nadat hy probeer het om ’n bank te beroof van R10 miljoen, ’n voormalige veiligheidsdiens amptenaar.

Mossie Mostert is glo deur twee van sy gewese kollegas geïdentifiseer nadat hy in die Absa bank wou probeer om die teller te dwing om R10 miljoen aan hom te oorhandig.

Alhoewel hy gekamoefleer was, het die bankamptenaar koelkop gebly en blitsvinnig ’n veiligheidsknip gedruk wat sekuriteit personeel blitsvinnig laat reageer het.

Die bank in die Menlyn winkelsentrum in Pretoria was die teiken van die voormalige Skerpioen eenheid se beampte, maar twee van sy kolegas het hom geïdentifiseer, en hy is baie gou vasgetrek..

Mostert het sy lyf privaat speurder gehou nadat hy uit die Skerpioene eenheid is, maar omdat hy min sake gedoen kon kry, het hy hom glo tot misdaad gewend wat hom duur te staan gebring het.