Ebola virus eis honderde lewens

Die tiende keer dat die Ebola virus uitbreek in die Demokratiese Republiek van die Kongo, het die lewens van meer as 2,000 lewens tot dusvêr geëis.

Die jongste gevalle het getoon dat die land nie oor die infrastruktuur beskik om te voorkom dat die virus versprei onder die mense nie.

Die regering se verklaring toon dat ontsaglike kommunikasie en hopelose veiligheidsmaatreëls van die belangrikste redes is waarom die virus so wyd versprei het.

Bewerings dat die lewensverlies veel hoër is, het reeds by die media posgevat, en word beskryf as die grootste epidemie van Ebola besmetting wat nog geregistreer is.

Onbevestigde berigte lui dat die Kongo reeds meer as 3,000 mense verloor het weens die virus, en dat die einde nog nie in sig is nie.