Durban Westville dalk dwelm hool

Kort nadat selfone en ander ontoelaatbare goedere by mense in die Durban Westville tronk gevind en gekonfiskeer is, het nog ’n voorval plaasgevind wat rede tot kommer bied.

’n Vrou wat besoek wou bring aan mense in aanhouding, is deursoek en 200 kapsules wat vermoedelik met heroin gevul is, by haar gevind.

Sedert die minister by die tronk besoek afgelê het en die klopjag gelei het, word alle besoekers nou deursoek voor hulle na aangehoudenes mag gaan.

Die vrou wat ’n besoek wou bring aan ’n gevangene wat nie sy parool voorwaardes nagekom het nie, het verdag voorgekom en is dadelik deursoek deur een van die vroulike bewaarders.

Die bewaarder het daarna die polisie geskakel en versoek dat hulle so spoedig moontlik die tronk moet besoek om die vrou in hegtenis te neem.

Onbevestigde berigte lui dat die Westville tronk ’n dwelm-hool is waar verskillende soorte dwelmmiddels gebruik word om mede gevangenes te manipuleer.