Duitse motor behaar 490 km per uur

Die prestige afdeling van Volkswagen, waar die Bugatti motors gebou word, het groot vreugde geheers toe ’n toetsmodel wat spesiaal aangepas is, die rekord opgestel het om net meer as 490 km per uur te haal.

Die Bugatti Chiron 1 kon die verstommende spoed bereik op die Duitse Ehra-Lessien renbaan.

Die Bugatti is spesiaal gebou vir die toets, maar is gebaseer op die gewone model wat in die omgewing van €3 miljoen (sowat R50 miljoen) kos.

Die Bugatti sportmotors word beskou as die wereld se mees luukse en vinnigste motors op openbare paaie, en is die trots van die moedermaatskappy, Volkswagen in Duitsland.

Die persoon wat die motor bestuur het, sê hy het die motor se petrolpedaal heeltyd plat getrap vir ’n volle 70 sekondes, om gou uit die draai te kom, waarna die Bugatti net vinniger en vinniger vorentoe beweeg het met ’n stabiele veerstelsel wat alles moontlik gemaak het.