Duisende Russe eis demokratiese verkiesing

Duisende Russiese kiesers in Moskou het die state ingevaar in die sentrale deel van die stad en regverdige, demokratiese verkiesings geëis.

Die komende verkiesing vir die plaaslike owerheid het gelei tot hewige spanning nadat verskeie opposisielede nie toegelaat is om as kandidate te staan nie.

Die verkiesing wat op 8 September gehou word, het frustrasie en woede by opposisielede veroorsaak, en optogte is oor die afgelope weke gehou, maar die regering het geen toegewings gemaak nie.

Met slagspreuke soos “Rusland moet bevry word” en “Moskou is ons stad”, het ’n toestroming van kiesers veroorsaak wat nie deur die polisie gestuit kon word nie.

Die staat se TV kanaal het later rapporteer dat “slegs sowat 750 mense” het die optog meegemaak.