Droogtehulp bring verligting

Die landbouers van Williston in die Noord-Kaap is dankbaar vir die hulp wat hulle uit ander dele van die land ontvang het om hulle diere aan die lewe te hou.

Nagenoeg 2,100 sakke droogte korrels is afgelewer asook 300 sakke mielies wat ’n groot hulp aan die skaapboere is wat nou reeds etlike jare sonder reën moes klaarkom.

Die opgaardamme op boer se plase is lankal dolleeg, en boorgate is die enigste bron waaruit water vir die vee gelewer kan word, maar baie boere sê die watertafel is aan die daal en talle boorgate is reeds droog.

Hulp is ook aan boere in die Sutherland distrik verwelkom waar dit ook net so droog is, en bale voer asook mielies en droogte korrels is aan die boere gelewer.

Die landbou onvriendelike regering het nog ’n ’n finger verroer om die gebied te hulp te snel nie, en verskeie boere het al die plaas se grenshek toegemaak en elders ’n heenkome gaan soek.